Baie Christene dra ’n masker van vrede, terwyl hulle innerlik vasgevang is in sonde, seer en geestelike droogte. Die gevolg is ellende, verwarring en beskuldigings van skynheiligheid. Maar Jesus Christus is steeds die Redder, Geneesheer en Bevryder - en Sy belofte van ’n lewe in oorvloed (Johannes 10:10) is vandag nog waar.
Hierdie boek is ’n eerlike, nie-veroordelende gids vir gelowiges wat smag na genesing, bevryding en herstel. Dit bied ’n praktiese strategie: om minder bekende, bevrydende kennis in toeganklike formaat te deel. Hierdie kennis gaan gelowiges nie red nie, maar dit kan hulle help om hulle geestelike gebrokenheid na Jesus Christus, te neem. Dit gaan hulle lewens verander en hulle lei na ‘n lewe in volheid!
Die boek bestaan uit ‘n Bybelstudie en ‘n praktiese bedieningsdeel. In die Bybelstudie word vrae aangespreek soos:
Wat beteken ’n lewe in oorvloed?
Waarom ervaar baie gelowiges dit nie?
Is daar iets wat gelowiges kan doen wat verhoed dat Jesus se belofte van ‘n lewe in oorvloed, ‘n werklikheid in hulle lewe word?
Hoe kan ons dit regstel en genesing ontvang?
Die outeurs en hulle vrouens het uit dertig jaar se bedieningservaring, twintig probleme geïdentifiseer wat verhoed dat gelowiges ‘n lewe van oorvloed ervaar.
In die praktiese bedieningsdeel word hierdie twintig sake bespreek en advies word gegee oor hoe om hierdie probleme voor God te bring om vergifnis, genesing, bevryding en herstel te ervaar.
Hierdie boek is vir elke gelowige wat moeg is vir voorgee, en gereed is vir waarheid wat vrymaak. Dit is ’n uitnodiging om Jesus te ontmoet - nie net as Verlosser van ons sondes nie, maar as die Een wat ons gebrokenheid genees en lewens herstel.
Die Inhaltsangabe kann sich auf eine andere Ausgabe dieses Titels beziehen.
Anbieter: PBShop.store UK, Fairford, GLOS, Vereinigtes Königreich
PAP. Zustand: New. New Book. Shipped from UK. Established seller since 2000. Artikel-Nr. L2-9798189879449
Anzahl: Mehr als 20 verfügbar
Anbieter: AHA-BUCH GmbH, Einbeck, Deutschland
Taschenbuch. Zustand: Neu. Neuware. Artikel-Nr. 9798189879449
Anzahl: 2 verfügbar