Verwandte Artikel zu TWEEDE KANS NA MY OORLOG MET TIK (Afrikaans Edition)

TWEEDE KANS NA MY OORLOG MET TIK (Afrikaans Edition) - Softcover

LAMOUR, MARLENE

 
9798178646144: TWEEDE KANS NA MY OORLOG MET TIK (Afrikaans Edition)

Inhaltsangabe

n Ware getuienis van twaalf jaar se verslawing, pyn, gebrokenheid en verkeerde keuses – maar ook van genade, geloof, herstel en hoop.

Marlene Lamour vertel eerlik en sonder skroom van haar intense oorlog met tik, en hoe hierdie verwoestende verslawing haar lewe, haar gesin, haar werk en haar selfwaarde stelselmatig vernietig het.

Op haar laagste punt het dit gelyk asof alles onherstelbaar verlore was en dat daar geen uitweg meer uit die donkerte bestaan nie. Maar te midde van die puinhoop het ’n nuwe deur oopgegaan.

Deur haar onwrikbare geloof in God het Marlene ’n kragtige tweede kans ontvang – ’n kans om haar lewe steen vir steen weer op te bou.

Hierdie aangrypende lewensverhaal is ’n bewys dat jou verlede jou nie hoef te definieer nie. Dit is ’n baken van hoop vir elkeen wat vasgevang is in ’n stryd, en ’n kragtige herinnering dat ware herstel moontlik is.

Wanneer alles verlore lyk, kan daar steeds ’n deur na ’n nuwe begin wees.

Die Inhaltsangabe kann sich auf eine andere Ausgabe dieses Titels beziehen.