Kroniek van de Waarheid en Versoeningskommissie: Op reis deur die verlede en die hede na die toekoms van Suid-Afrika (Amos Wilder Library)

0 durchschnittliche Bewertung
( 0 Bewertungen bei GoodReads )
 
9781625647153: Kroniek van de Waarheid en Versoeningskommissie: Op reis deur die verlede en die hede na die toekoms van Suid-Afrika (Amos Wilder Library)
Vom Verlag:

Twee en 'n half jaar lank was die werk van die Waarheids- en Versoeningskommissie op almal se Iippe, het die koerante en radio daagliks oor die kommissie verslag gedoen, het die gesigte van slagoffers en oortreders op miljoene televisieskerms verskyn. In KRONIEK VAN DIE WAARHEIDSKOMMISSIE lig Piet Meiring die sluier oor die werk van die kommissie . . . die verhale en getuienisse van slagoffers, die amnestie-aansoeke van oortreders wat hulle aan menseregteskending skuldig gemaak het, die konfrontasie met die verlede, die strewe na versoening en vergifnis . . . As motief vir hierdie besinning oor die Waarheidskommissie het die skrywer die trek gekies, 'n epiese trek terug na die verlede en dan verder na die toekoms, 'n groot trek wat nie een van die inwoners van Suid-Afrika onaangeraak sou laat nie.

Über den Autor:

Die Waarheids-en Versoeningskommissie moes alle segmente van die Suid-Afrikaanse samelewing, met inagneming van geslag en ras, sowel as geografiese, politieke, kulturele, taal en ander faktore verteenwoordig. Piet Meiring, bekende teoloog en professor aan die Universiteit van Pretoria, het in die WVK gedien om die denke, perspektiewe en bekommernisse van veral die Afrikaanse gemeenskap te verwoord. Hy is bekend vir sy skerp teologiese insig en ekumeniese belangstelling, maar ook vir sy innige spiritualiteit, warm menslikheid en ywer vir geregtigheid, vryheid en versoening.

„Über diesen Titel“ kann sich auf eine andere Ausgabe dieses Titels beziehen.

(Keine Angebote verfügbar)

Buch Finden:



Kaufgesuch aufgeben

Sie kennen Autor und Titel des Buches und finden es trotzdem nicht auf ZVAB? Dann geben Sie einen Suchauftrag auf und wir informieren Sie automatisch, sobald das Buch verfügbar ist!

Kaufgesuch aufgeben